Opregte dank aan almal wie sover soveel gedoen en
gegee het om die Philippolis skoonmaak en “heropbou” ‘n groot sukses te
maak. Ons dorp trek die aandag van belangstellendes oor die hele land
heen, nie net vanwee die harde werk nie, maar weens ons positiewe
gesindheid van samewerking. Saam kan ons die toekoms van ons dorp
inkleur.
Veels geluk aan ons NG Gemeente met die suksesvolle
viering van hul 150ste bestaansjaar en ook dank aan die gemeentelede wie
hard saamgewerk het om Philippolis se plooie te begin uitstryk.